Murrayfees 2002

GRAAFF-REINET – 5 - 7 JULIE 2002

180-JARIGE HERDENKING – MURRAYS IN SUID-AFRIKA

Die Andrew Murray Familiebond, in samewerking met die Graaff-Reinetse Murrayfees-komitee, nooi alle nasate na die Murrayfees gedurende die naweek van 5-7 Julie 2002
-RSVP aanlyn: Kliek hier!-

VOORLOPIGE PROGRAM

  • Donderdag 4 Julie & Vrydag 5 Julie: Aankoms, registrasie, informele kenmekaar, saamkuier & gesels, besigtiging van dorp & distrik, museum, Murray-uitstalling & tydelike stamregister-sentrum.
  • Vrydagmiddag 5 Julie: Openingsgeleentheid.
  • Saterdag 6 Julie: Neem van familiefoto en groepfotos, museumaanbieding, teetuin, hoofbyeenkoms en braaivleis.
  • Sondag 7 Julie: Kerkdiens, wydingsgeleentheid en kranslegging, afsluiting.

  • AKKOMMODASIE

    Billike akkommodasie in skoolkoshuise, asook groot verskeidenheid opsies in plaaslike gastehuise, hotel, op plase, ens. Skakel met die Graaff-Reinetse Publisiteitsvereniging i/s alle akkommodasie (sien “Navrae”).

    NAVRAE

    Akkommodasie: Vir inligting en besprekings, skakel die Graaff-Reinetse Publisiteitsvereniging (vir aandag: Denise of Tercia - meld Murrayfees) by: e-pos: graaffreinet@elink.co.za of tel/fax: 049-892-4248 of Posbus 153, Graaff-Reinet 6280, en raadpleeg gerus ook hulle webblad by http://www.graaffreinet.co.za vir agtergrond-inligting.

    RSVP: Ten einde die reëlingskomitee te help in hul voorbereidings, word alle nasate versoek om voor 1 Junie die die aanlyn vorm in te vul deur op RSVP te kliek.

    VERVOER

    ‘n Bus vanaf Gauteng (en dalk ook uit Wes-Kaap) is moontlik, mits daar genoeg belangstelling is. Skakel Ettienne Du Toit: 011-336-7631(Gauteng) of Zan Reyneke: 021-903-0231 (Wes-Kaap)

    KOMMUNIKASIE (BULLETINS)

    Saam met hierdie uitnodiging word die eerste van ‘n aantal bulletins vrygestel, om familielede op te spoor en ingelig te hou oor familie-sake. Verdere bulletins sal meer besonderhede gee van vordering met die feesreëlings, die stamregister, ens. Aanduidings sal ook gegee word van aspekte waarmee vrywilligers kan help. Die bulletins sal op aanvraag beskikbaar wees by die Graaff-Reinetse Murrayfeeskomitee en by skakelpersone vir takke/sub-takke, of per e-pos vanaf Teo Louw by: teol@dbsa.org