Ander interesante inligting of "Murrealities"
|
Hier gaan dit oor allerlei interessantighede insake die familie, amper a-la-Trivial Pursuit, maar sommige
miskien nie so trivial nie of selfs alles behalwe trivial; Dit kan in kategorieë ingedeel en beskryf word
en daar kan algaande bygevoeg word tot die paar voorbeelde waarmee begin kan word, bv.
Die “aangelaptes” (aangetroudes) soos
- Sir Basil Schonland
- Hoofregter Mick Corbett (Pres.Mandela igesweer)
- Dr Gawie Cillie
- Fred Brownell (nuwe landsvlag ontwerp)
- Caroline Murray (MFR 1977 gepubliseer)
Die “dubbele Murrays” (ingetroudes , dws. huwelike tussen afstammelinge; en hulle nasate/subtakke). Daar is talle voorbeelde, bv.
- die hele Reyneke-subtak van die b7Jemima en b12 George-takke;
- die b3/b7 “Grasmere”-Louws (mekaar op die trappies van Reinethuis ontmoet by die 1922 saamtrek!);
- Don&Lynette Lyle;
- Andrew&Minetta Hofmeyr; en nog sommer baie ander
- Ja, selfs driedubbele Murrays, soos die kinders van Murray en Jacoba Louw(Reyneke).
Die “predikante-Murrays”: statistieke, ens. oor al die afstammelinge en aangetroudes wat predikante geword
het of met predikante getrou het of beroepe en loopbane gevolg het in diens van die kerk en/of die sending,
dws almal wat hul lewens gewy het in diens aan die “koninkryk”.
Ander beroepsgroepe: Soortgelyk, statistieke, ens. oor almal wat in die onderwys, die regswese, joernalistiek,
mediese wetenskappe, ingenieurswese, ens. ens. gekwalifiseer en gewerk (en hulle merk gemaak) het, bv. talle en talle hoofde van vooraanstaande
skole en ander onderwys-inrigtings (en stigters van skole, institute, ens.)
Sportsterre soos oom George Daneel (oudste lewende Springbok-rugbyspeler), Deon Joubert (tennis) … ; Kunstenaars soos Zanta Hofmeyr (viool),
Steve Hofmeyr (!!) … ;Skrywers soos Elsa Joubert, Erika Murray-Theron (ATKV-prys 2002) … ; ens.,ens.; en allerlei ander Presteerders.
Gebeurlikhede; gevalle, statistieke, ens., rakende allerlei spesifieke en tipes gebeurlikhede, soos tragedies (verdrinkings te Kleinmond en elders,
ongelukke en sterftes op paaie, met wilde diere, in die sendingveld, aan die oorlogsfront -Anglo Boere-oorlog, Wêreldoorloë, … ; kindergeboortes, genetiese siektes,
… ); reise (besoeke aan die geboortehuis in Skotland, sendingreise in Afrika en elders, avontuurtogte, vreemde bestemmings, nou en lank gelede); familiesaamtrekke
(groter en kleiner, goed beplan, spontaan en selfs toevallige byeenkomste en onverwagse ontmoetings); wonderwerke ens.
‘n Beroep en uitnodiging word aan alle nasate en ander belangstellendes gerig om nou en gedurigdeur insette en bydraes tot “Murrealities” te stuur. Email na teol@dbsa.org
|
|