Nuusbriewe
Deur die jare heen is daar van tyd tot tyd kontak en skakeling tussen die familie bevorder deur middel van die verspreiding van nuusbriewe.

As uitvloeisel van die 1922 saamtrek het “Aunt Helen” (die ongetroude dogter/tante) vanaf September 1923 ‘n aantal formeel gedrukte nuusbriewe gepubliseer. Na enkele jare is dit vir ‘n rukkie deur ander familielede voortgesit maar die gebruik het skynbaar ná die Desember 1928 uitgawe doodgeloop. Eksemplare van die volgende uitgawes is onlangs weer “ontdek”: September 1923, Desember 1923, Julie 1924, Desember 1924, Desember 1926 (No.VI), Desember 1928. Dit dui daarop dat daar vermoedelik in 1925 ‘n vyfde uitgawe was en dis onbekend of daar in 1927 enige uitgawe(s) was.

As uitvloeisel van die 1972 saamtrek is weereens begin met die publisering van jaarlikse nuusbriewe. Die eerste uitgawe het in 1974 verskyn en die laaste in 1995. Emma Horn het die eerste twee uitgestuur, daarna het John Murray (b3c9d5) vir baie jare as redakteur opgetree en in latere jare het ds Barry Murray dit met die hulp van ander komiteelede behartig.