Die Stellenbosch-streeksaamtrek in Maart vanjaar was 'n wonderlike belewenis vir die meer as 200 familielede wat dit bygewoon het.

'n Volgende streeksaamtrek vir die Wes-Kaap word nou vir 2011 oorweeg, waarskynlik te Wellington. Navrae kan gerig word aan Laurette Murray by laurettemurray@tiscali.co.za en verdere besonderhede sal ook mettertyd op die familie-webblad geplaas word.

Die volgende groot Graaff-Reinet saamtrek is tentatief geskeduleer vir 2012. Meer besonderhede hieroor sal ook mettertyd op die familie-webblad geplaas word. Ondertuswsen is dit belangrik om so veel e-pos adresse as moontlik van afstammelinge aan my te voorsien, ten einde effektiewe kontak met almal te verseker.