Die Andrew Murray Familiebond
Die Andrew Murray Familiebond (The Andrew Murray Family Association) is ‘n formeel gekonstitueerde familie-vereniging waarvan alle afstammelinge van ds Andrew Murray (1794 – 1866) van Graaff-Reinet outomaties lid is.

Die ontstaan van die Bond het voortgespruit uit die gebruik van die familie om deur die jare heen ‘n redelike mate van kontak met mekaar te behou en om ook van tyd tot tyd familiesaamtrekke te hou. Sedert die 1972-saamtrek bestaan daar ‘n familiekomitee om na sekere sake van gemeenskaplike belang om te sien. Ds Barry Murray (b5c6d4) van Pretoria was vir baie jare lank voorsitter van hierdie komitee. Aanvanklik was dit eintlik twee aparte komitees: die een wat op die Graaff-Reinet-saamtrek gestig is om ‘n sendingfonds te skep en die ander ‘n meer informele plaaslike komitee wat hoofsaaklik net jaarlikse saamtrekke by die Pioniers-Opelugmuseum in Silverton, Pretoria gereël het. Mettertyd het die twee komitees egter begin saamvloei en die status van landswye komitee verkry. In 1982 het hierdie komitee die inisiatief geneem om oor te gaan tot die formele konstituering en stigting van Die Andrew Murray Familiebond. Die konstitusie en nuwe status van die komitee is op die familie-saamtrek van 1982 te Graaff-Reinet formeel goedgekeur.

Vanaf sy uittrede as Voorsitter in 1994 tot met sy afsterwe op 4 April 2002 was ds. Barry Murray lewenslange Ere-President van die Familiebond.

Die huidige samestelling van die komitee is as volg:
Voorsitter: -. vakant
Sameroeper en Tesourier - Teo Louw (b3c9d4e4 / b7c7d2e4)
Onder-Voorsitter - Fred Brownell (b9c5d3e3)
Sektretaris - vakant
Lede:
- Jan Hofmeyr (b9c4d2e3)
- Koos & Anneleen Louw (b3c9d4e1 / b7c7d2e1)
- Ettienne du Toit (b1c5d1e1)
- Wouter van Zijl (b4c7d4e1f1)
- Zan Reyneke (b7c1d2e5 / b12c12d5) (Weskaap)
- Philip McDonald (b9c7d2e1)