Opdatering van die Adreslys
|
Laai asseblief af en voltooi die vraelys onder; stuur terug aan Teo Louw. U kan dit druk en met ‘n pen voltooi en dan per pos stuur. Of dit elektronies invul en per epos stuur. Adresbesonderhede kan onder gevind word.
- Vraelys
Die bestaande adreslys met kontakbesonderhede van familie-lede is ongelukkig taamlik verouderd en word tans (laat 2009 / vroeg 2010) nagegaan vir korrektheid en aanvulling, in die eerste plek met die oog op effektiewe skakeling en kommunikasie insake die komende streeksaamtrek in die Wes-Kaap, maar dan ook met die oog op opdatering van die stamregister wat hopelik weer in die komende maande verdere aandag sal kry.
As eerste stap word familie-lede dus nou versoek om ons van toepaslike e-pos adresse en/of ander kontakbesonderhede te voorsien deur dit te stuur aan Teo Louw by teol@mweb.co.za (of per gewone pos na: Alexanderstraat 305, Brooklyn, 0181 Pretoria.)
Naas e-pos adresse kan telefoon en/of selfoonnommers en gewone pos-/woon-adresse asb voorsien word, asook ‘n toepaslike aanduiding van soorte van waar betrokkenes by die familie inpas (bv. genealogiese verwysingsnommer en/of familie-tak, sub-tak, ouers/voorouers, ens.) Stuur asb besonderhede ook van ander familie-lede van wie u enige sulke inligting kan voorsien of laat weet asb as u kan help om ons bestaande inligting te kontroleer en aan te vul.
|
|